Internasionale Strafhof vir die voormalige Joego-Slawië (ICTY)

In reaksie op die oortredings van die Internasionale Humanitêre Reg sedert 1 Januarie 1991 in die Balkanstreek, het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies gelas dat 'n Internasionale Tribunaal ingestel word met die doel om diegene wat verantwoordelik is vir genoemde oortredings te vervolg.